Tobie Wiese is skrywer, medeskrywer en samesteller van etlike boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe van geskiedenis en motorfietsry tot spioenasie. Dit sluit in die topverkope...voir plusTobie Wiese is skrywer, medeskrywer en samesteller van etlike boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe van geskiedenis en motorfietsry tot spioenasie. Dit sluit in die topverkoper Geheime Revolusie, asook Vreedsame Revolusie (geskryf namens Niël Barnard), Die Bike-boek (samesteller) en Die verhaal van Elandskloof.
In sy lang loopbaan as joernalis het Tobie in verskillende hoedanig-hede by Volksblad, Die Burger, Huisgenoot (nuusredakteur) en Insig (adjunkredakteur) gewerk. Hy is al met Pica - en Mondi-toekennings bekroon vir sy skryfwerk.
Tobie het ook by die Departement Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch klasgegee.voir moins