Ronell Bezuidenhout is die afgelope twaalf jaar ’n predikant by die Fontainebleau Gemeenskapskerk (FGK) in Randburg. Na afloop van haar studiejare was sy in die vroeë 1990’s ’n stu...voir plusRonell Bezuidenhout is die afgelope twaalf jaar ’n predikant by die Fontainebleau Gemeenskapskerk (FGK) in Randburg. Na afloop van haar studiejare was sy in die vroeë 1990’s ’n studenteleraar by die destydse UPE. Later het sy aan dieselfde universiteit klas gegee, en sy was ’n tentmaker-leraar daar terwyl sy haar PhD in Publieke Teologie voltooi het.
Haar ervaring as pastorale terapeut was die rede vir haar verhuising na Johannesburg, om daar ’n Sentrum van Deernis by die FGK te begin. Later het haar fokus verander, en sy is tans verantwoordelik vir toerusting en geloofsvorming in die gemeente. Sy het al verskeie publikasies die lig laat sien, en sy het tot vele ander ’n bydrae gelewer.
Ronell het die afgelope klompie jare ’n intense belangstelling in geloofs- en persoonlikheidsvorming ontwikkel. Sy bied landwyd retraites aan wat veral op die inoefening van geloofs- en lewensgewoontes fokus. Hiermee help sy besige stadsmense om nuut oor hul lewe na te dink.
Ronell bly ’n ewige student. Sy ontdek steeds die mense rondom haar, en probeer ook om die subteks te lees. Wanneer sy ontspan, skilder sy ikone.voir moins