Frans Cronje is 'n scenariobeplanner en die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se vernaamste navorsingsinstituut oor beleidsake, die IRV. In 2007 het hy die Sentrum vir Risiko-ontled...voir plusFrans Cronje is 'n scenariobeplanner en die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se vernaamste navorsingsinstituut oor beleidsake, die IRV. In 2007 het hy die Sentrum vir Risiko-ontleding by die IRV gevestig, wat beleidmakers, strategiese beplanningspanne en maatskappye adviseer oor kort-, middel- en langtermyn- strategiese besluite vir Suid-Afrika. Hy het oor die afgelope jare talle van Suid-Afrika se belangrikste buitelandse en binnelandse beleggers, sowel as regeringsagentskappe en talle groot buitelandse regerings, van raad bedien en vir hulle scenario's uitgestippel. Sy eerste boek, A Time Traveller's Guide to Our Next Ten Years, is in 2014 gepubliseer. Cronje het by St John's College in Houghton, Johannesburg, skoolgegaan en aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer. Sy PhD in scenariobeplanning het hy aan die Noordwes-Universiteit behaal. Voordat hy by die IRV aangesluit het, het hy in die VSA gewoon en gewerk en 'n jaarlange ekspedisie van Kaapstad na Kaïro voltooi.voir moins